Wat gebeur daarna?
Jacobie
7/23/2010
Voel jy ook die depressiewe verlange na die Fifa-sokkergees wat ons land so skielik verlaat het? Die opbou van opgewondenheid wat ons Suid-Afrikaners die afgelope jare ervaar het. Maar wat gaan nou gebeur? Wat is Suid-Afrika vandag en in die toekoms ná die nuwe stadions, nuwe paaie en die Gautrein? Wat doen ek en jy met hierdie post-Węreldbeker gevoel wat nou in ons land heers?
Dis die vrae op almal se lippe, maar ek het vir jou die goeie nuus. God is steeds net so teenwoordig in Suid-Afrika soos voorheen. Ek het nou die dag besef dat God die Węreldbeker gebruik het om ons Suid-Afrikaners saam te bind en nasietrots te bou. Wie kon nou nié trots wees op Bafana Bafana se openingswedstryd nie? Wie kon nie trots wees om weer op treine te kan ry en in skoon stede sorgvry rond te loop nie?
God het vir Suid-Afrika weer, nes met die 1995 Rugbywęreldbeker, die kans gegee om te heal en as land te verenig. Die vraag is net of ons die verandering van trots ʼn lewenstyl gaan maak of gaan ons weer terugkeer na ons ou idees en gevoelens rakende die probleme in ons land.
Jy en ek moet vandag kies om die gees van eenheid te laat voortleef na die Węreldbeker. Dis bloot ʼn keuse. Kies vir permanente verandering van denke in jou lewe. God het in jou geglo toe Hy die Węreldbeker na Suid-Afrika gestuur het. Hy glo jý kan die verandering van die toekoms vir Suid-Afrika implementeer.
Jy kan dit doen deur 'n positiewe uitkyk op die lewe te hę. Laat God jou denke vernuwe sodat jy sy wil kan ken (Rom 12). En dink weer 'n slag oor hoe jy na mense met 'n ander geloof, seksualiteit, ras of taal kyk. Word deel van die verandering wat jy in Suid-Afrika wil sien deur na minderbevoorregtes uit te reik en na die siekes om te sien. Gebruik die gawes wat God aan jou gegee het op ʼn positiewe manier in jou gemeenskap. God stel vir jou aan om sy lig te laat skyn in ʼn węreld waar die vlam besig is om te verdof.
So, be the change you want to see in the world... and feel Him, He is here.
|
Jacobie
"Fun in the sun" is hoe Jacobie haar lewe beskryf. Terwyl sy Teologie aan Stellenbosch Universitiet studeer weet sy om elke dag in die sonskyn van God te leef met die wete dat "the dark moments of our life will last only as long as is necessary for God to accomplish His purpose in us".
|
|